Laatste wil en testament aflaai

Hier is ‘n eenvoudige enkelpersoon Testament en ‘n eenvoudige gesamentlike Testament. U kan dit gebruik, op eie risiko, maar ons beveel aan dat u eerder professionele advies inwin.

Hou asseblief in gedagte dat die persoon wat die Testament teken (die Testateur) dit moet teken in die teenwoordigheid van twee getuies (ouer as 14 jaar) en dat die getuies moet nie ‘n genomineerde begunstigde of eksekuteur in die testament wees nie.

Ons beveel aan dat u Testament opgestel word met inagneming van die groter prentjie van u algehele finansiële beplanning. Dit moet nie sonder deeglike oorweging gedoen word nie. Behoorlike beplanning om te verseker daar is genoegsame likwiditeit is baie belangrik. In Engels word gesê: “Wills don’t pay bills”, en in Afrikaans kan mens se: “Testamente betaal nie paaiemente”. Behoorlike beplanning kan ook boedelbelasting-verligting meebring.

Indien U ouer as sestig is sal ons oorweeg om u testament op te stel teen n nominale fooi van R350 + BTW - terme en voorwaardes van toepassing

Daar is talle opsies wat by ‘n Testament oorweeg kan word, bv.

Ons wil u weereens aanmoedig om ‘n prokureur te raadpleeg wat u kan adviseer oor al hierdie opsies en u kan bystaan met die beplanning en opstel van u Testament. Ons kan ook sekere gedeeltes van die bereddering vir u makliker maak of vir u doen teen ‘n spesiale tarief. Hier is die besonderhede .